Tweet
LYRIEKE van HoutKruis.
OOOOOOOOOOO, daar was ‘n houtkruis,
'n Redder aan 'n houtkruis vasgeslaan
Ja daar was ‘n houtkruis
En daarom sal ek sing
Ek onthou vir Dawid,
Voor die ark het hy gedans en juig
Na die kruis van Jesus,
Hoe sal ons kan hande vou en swyg
Want daar was 'n Houtkruis
Ja,'n Redder aan 'n Houtkruis vasgeslaan
Ja, daar was 'n houtkruis
En daarom sal ek sing
Wie sal my kan stilmaak
Wie sal my kitaar se snaar afbreek
Wie sal my kan doodmaak
As my voete in dans wil, los wil breek
Want daar was 'n Houtkruis
Ja,'n Redder aan 'n Houtkruis vasgeslaan
Ja, daar was 'n houtkruis
En daarom sal ek sing
Ek vra nie hoe jy voel nie
As gevoelens hoegenaamd besluite raak
Dan was daar nooit die pyn nie
Toe die spykers deur die bloed daardie Houtkruis kraak
Want daar was 'n Houtkruis
Ja,'n Redder aan 'n Houtkruis vasgeslaan
Ja, daar was 'n houtkruis
En daarom sal ek sing
OOOOOOOOOOO,daar was 'n Houtkruis
Ja,'n Redder aan 'n Houtkruis vasgeslaan
Ja, daar was 'n houtkruis
En daarom sal ek sing
No comments:
Post a Comment